Return to OUR FEMALE ARTIST

NADINE

NADINE-Skildery-cover-3Nádine verf met woorde op haar nuutste Afrikaanse album. En die titel is heel gepas... “Skildery”.

Nádine is terug met ‘n splinternuwe Afrikaanse album, “Skildery” wat jou verseker gaan stom slaan en verras! Haar nuwe album bevat 13 nuwe, oorspronklike liedjies, waarvan “Skildery” en “Tyd” definitief groot gunstelinge onder die publiek sal word. Na 18 jaar in die musiekindustrie is hierdie Nadine op haar heel beste.

Die meeste van die liedjies is deur die vervaardiger van die album, Johan Oberholzer, geskryf. Vaughan Gardiner het twee liedjies geskryf, naamlik “Ek is vrou” en “Daai liefde”, en Ernie Bates was vir “Soen my glimlag” verantwoordelik. Nádine se ouma het ook haar werk neergepen en die uiteinde is die liedjie “Ou Murasie”. Nádine self het “Gaan groot of gaan huis toe” geskryf met haar inspirasie vanaf die televisieprogram, “Musiek Roulette”, waarvan sy die aanbieder is. Sy sluit elke keer dié gewilde musiekprogram af met die woorde: “Gaan groot of gaan huis toe”.

Die gehoor by die laaste Skouspel-vertoning by Sun City se reaksie het bewys dat “Tyd”, een van die liedjies op die nuwe album, ’n nuwe treffer in die kategorie vir ballades gaan wees. Nádine het vir die gehoor ’n voorsmakie van haar nuwe album gegee en die mense het haar toegejuig. Vir die langarm-dansliefhebbers is daar ’n liedjie, “Hout op die vure”, en “Juvenile” is die bonussnit op “Skildery”.

Dié album word onder haar eie etiket, Nádine Musiek, bekend gestel. Nádine was deurlopend betrokke by die hele proses, van die liedjies se skryf en opnames tot die redigering, video-opnames en bemarking van die album. Coleske behartig die verspreiding van “Skildery”.

Haar kristalhelder stem, borrelende persoonlikheid en die vermoe om lirieke sielvol oor te dra, het haar van die begin af gewild gemaak by die publiek. Die publiek kan deesdae ‘n ander kant van Nadine ook leer ken as aanbiedster van die popular musiekprogram “Musiek Roulette” en as vervaardiger van haar nuutste Afrikaanse album.

Meer oor Nadine…

MEER AS 500 000 ALBUMS VERKOOP IN HAAR TUISLAND

Nádine is een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars met verkope van meer as 500 000 CD’s in haar geboorteland, Suid-Afrika, alleen. Suid-Afrikaners luister al meer as 15 jaar lank na haar musiek, met haar debuutalbum wat die lig gesien het toe sy 13 jaar oud was. Haar kristelhelder stem, haar borrelende persoonlikheid en die vermoë om lirieke sielvol oor te dra, het haar van die begin af gewild gemaak by die publiek. In 1997 het Nádine die verhoog gedeel met die Spice Girls en Billy Ocean tydens die "Two Nations in Concert" in Johannesburg.

THIS TIME I KNOW

Nádine skryf vele platinum- en goue status-toekennings agter haar naam. Sy doen ten minste 120 vertonings per jaar, en nie net in haar geboorteland nie. Sy is ook ’n bekende gesig in Europa, en sy word internasionaal bestuur deur ’n Belgiese maatskappy. Haar album, “This time I know”, is in samewerking met die top-Sweedse vervaardiger, Nick Manic, opgeneem. Die titelsnit was dadelik ’n treffer, terwyl liedjies soos “Made up my mind” en “Coming home” net so gereeld deur radiostasies gespeel is.

BESTE POP-ALBUM

Haar Europese avontuur het in die somer van 2009 behoorlik vlam gevat met vertonings daar, asook ’n toer na Nieu-Seeland. Sy sluit die jaar op ’n hoogtepunt af toe “This time I know” die gesogte Vonk-toekenning vir beste pop-album in Suid-Afrika wen.

WORLD PEACE SONG FESTIVAL

Nádine is die eerste Suid-Afrikaner om die "World Peace Song Festival" te wen. Op 16 Februarie 2010 word die geliefde Suid-Afrikaanse sangeres deur OGAE Italië as wenner aangewys met "This Time I Know It's For Real". In die proses skop sy stof in die oë van Coldplay (Engeland se inskrywing) en Ladyhawke (Nieu-Seeland). Volgens Nádine het die toekenning vir haar “baie selfvertroue” gegee om die album in Europa sowel as Asië uit te reik.

 

TOP OPVOERDER – TEATERSTER – CHINA HIER KOM ONS

Haar talent is nie net tot musiekoptredes beperk nie; sy het ook ’n slag in die teater. In 2012 is Nádine genomineer vir die Suid-Afrikaanse Teatertoekennings vir haar hoofrol as Maria Magdalena in "Jesus Christ Superstar". Die Toco Asië-span sien haar raak en is dadelik verlief op haar. Hulle maak dan ook planne om haar aan gehore in Shanghai, Beijing, Wuhan, Wenzhou, Tianjin en Changsha bekend te stel.

 

"LIGHT IN THE SKY" NOMMER EEN TREFFER

In Desember 2012 reik Nádine ’n nuwe Kers-album uit. "Christmas in South Africa" fokus op die multi-kulturele trots van SA, met liedjies wat tot mense se harte spreek in tale soos Afrikaans en Zoeloe. "Light In The Sky", Nádine se treffer van einde 2012, kry speeltyd in Suid-Afrika en België. Die liedjie was onder andere nommer een op Jacaranda Top 20, een van Suid-Afrika se gewildste radiostasies.

 

2013 & 2014 - DIE BEGIN VAN GROTER DROME

Nádine het 2013 afgeskop met ’n landwye toer, gevolg deur voorbereidings vir ’n nuwe Engelse- en Afrikaanse album. Die twee nuwe albums beloof lekker popmusiek met ’n tikkie rock en ’n geurtjie van elektro. Sy is ook ’n bekende gesig by Huisgenoot Skouspel, een van die grootste en gewildste musiekproduksies in Suid-Afrika.

 

‘N NUWE TV STER IS GEBORE

Suid-Afrikaanse televisiekykers kan eersdaags hulle gunsteling sangeres op die kassie sien wanneer opnames in Mei 2014 begin vir ’n nuwe musiekprogram. Nádine is as aanbieder gekies van “Musiek Roulette” wat op SABC2 uitgesaai gaan word. Die ikoniese produksiemaatskappy, Stemburg Produksies, is die vervaardiger. ’n Lekker bonus is dat sy nie net aanbieder gaan speel nie, maar ook self gaan sing. Die program beloof om ’n reuses sukses te wees, nie net vanweë die interessante komponente in die musiekspelprogram nie, maar ook met die aanbieder se persoonlikheid..