Return to OUR FEMALE ARTIST

LEANDIE LOMBAARD

leandie lombaard

LEANDIE LOMBAARD

 

Ontmoet Leandie Lombaard, ‘n pragtige talentvolle sangeres van Roodepoort in Gauteng.

Agtergrond

Reeds op die ouderdom van 12 jaar het sy ‘n CD, As jy aan eendag glo, uitgebring, maar as gevolg van onkundige raad het dit nie die hoogtes bereik wat sy reeds op daardie jong ouderdom verdien het nie.

 

Leandie het egter die daaropvolgende drie jaar gebruik om haar talent te slyp, die industrie te leer ken en die resultaat is duidelik in “Wees net”, haar tweede CD te bespeur. Die titel van haar eerste CD was inderdaad uiters toepaslik: Sy het  in eendag geglo, en noudat die dag aangebreek het, het sy bewys dat haar talent nie van verbygaande aard was nie.

 

Die borrelende en talentvolle 19 jarige  sangeres se liefde vir musiek, kom reeds van ‘n jong ouderdom af.
Met elke geleentheid het Leandie gesorg dat sy haar passie uitleef. Nie skrikkerig vir kompetisie nie, het sy aan elke kunswedstryd of Eistedfodd deelgeneem en telkemale top punte behaal. Haar prestasies was van so ‘n aard dat sy by ‘n uitsoek talentkompetisie gevra is om as gaskunstenaar op te tree.

Ek het soveel om voor dankbaar te wees, want elke dag is ek besig om my passie uit te leef. Wie kan almal se dat die beroep wat hulle beoefen ook hulle grooste passie is. Daarvoor dank ek my Hemelse Vader vir my talent.

Leandie verstaan dat die pad na sukses met harde werk geplavei is. Sy doen al meer en meer openbare optredes waar al hoe meer mense begin notisie neem van die nuwe sangsensasie. Dan is daar haar gereelde optredes by die ATKV- oorde, haar skool program vir skole wat ‘n reuse sukses is en optredes by verskillende feeste wat insluit KKNK , Aardklop , Gariep Kunstefees, Volsblad kunstefees en vele ander feeste.

Die grootste hiervan, was dan ook toe sy genooi is vir die AFRIKAANSE MUSIEKFEES 10  by Carnival City

Haar internasionale debuut het gekom toe sy deur middel van Roy van der Merwe ( die President van Eurovission res van die wereld ) die geleentheid gekry het om Eurovision (OGAE) te verteenwoordig. Hierdie groot geleentheid het daartoe gelei dat haar CD Wees net …na Serwië is om haar CD daar te bemark asook na ande 50 Europese lande.
Ana Ivanović (die Serwiese Internasionale tennisster) het een van Leandie se CD’s gekoop nadat sy haar gehoor sing het.

Daarbenewens is Leandie een van 18 kunstenaars wat op ‘n 2008 Eurovision kompilasie CD ingesluit is met haar lied Wees net …

Leandie se CD, “Wees net …” word reeds in Spanje, Portugal, Malta en Swede bemark waar hulle gek is oor die beeldskone superster. Leandie was genomineer vir Eurovision se Euro Star 2008 en het 3de gekom uit 20 deelnemers in die kategorie Beste vroulike Afrikaanse kunstenaar vir haar lied