Return to OUR FEMALE ARTIST

HAILEY CLARK

’n Vars briesie vir Afrikaanse popmusiek

Hailey Clark se gunstelingaanhaling oor musiek is: “Musiek is nie wat ek doen nie, dis wie ek is”, en dit is beslis ’n raak beskrywing van hierdie vriendelike blondekop popsanger wat onlangs haar eerste amptelike album, Hailey Clark – Deurmekaar (in samewerking met Son Records), vrygestel het. Die eerste Engelse enkelsnit, I Should’ve Followed You – ’n duet met Lee Scott – is baie goed deur radiostasies ontvang en sy het ook reeds ’n draai gaan maak op van kykNET se gewilde musiekprogramme, JAM, JUKEBOX, kykNET TOP20 en SABC Morning Live. Haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Deurmekaar, speel ook reeds geruime tyd op talle radiostasies landwyd.

Sonet Angelique du Plessis, beter bekend as Hailey Clark, se musiekavontuur het begin toe sy maar vyf jaar oud was. ’n Musiekskool is in haar tuisdorp (Christiana) geopen en sy en haar sussie was dadelik vuur en vlam om musiekles te neem. Híér het haar passie vir musiek ontstaan en kort daarna het sy begin deelneem aan kompetisies (waaronder Supersterre, Solis vir Christus, Spontaanen die Afri-Visie Liedjieskryfkompetisie), kerkoptredes, funksies en feeste (KKNK). Sy het ook dans- en kitaarlesse geneem en haarself verder in musiek bekwaam deur haar Graad 5-klaviermusiekeksamen in Musiekteorie en –prakties deur Unisa te voltooi. Sonder dat jy weet,Net ek en jy en Ek soek jou my baby, snitte wat sy in haar privaathoedanigheid opgeneem het, het baie goeie terugvoer gekry op die internet en is ook al oor die radio gehoor.