Return to OUR FEMALE ARTIST

FRANSISCA LIEBENBERG

Fransisca Liebenberg

Dit was toe ek 5 jaar oud was dat ek geweet het dat ek ‘n sangeres wil wees. Ek het myself probeer leer kitaar speel en my liefde vir musiek het verdiep. Ek het drama as ekstra vak op skool geneem en in skooltonele gespeel. Ek was ook baie lief vir sport en het my dae om die sportvelde spandeer.Na skool het ek eers my Bsc dieetkunde graad te noordwes universiteit aangepak en deeltyds fiksheids kursusse deur Reebock voltooi. Met voltooing van my studies is ek na Londen vir ‘n jaar waar ek in gymnasiums gewerk het en fiksheidsklasse gegee het en ook probeer het om my voet in die modelwereld in te kry. Ek het wel een keer as “ekstra” in ‘n Bollywood fliek gepseel.

In 2002 was ek bevooreg en het ek baie geleer deur  deeltyds drama by Brumilda van Rensburg se dramaskool   Noordwes universiteit  te studeer . Daarna het ek ook deeltyds ‘n Radio Uitsaai kursus deur Damelin voltooi. Deurentyd het ek talle fikheidskursusse deeltyds voltooi.

As getroude vrou het ek en my man 3 juwele vir kinders. Ek het as suksevolle “personal trainer en group trainer “ by die virgin Active groep my merk gemaak. As gekwalifiseerde Aerobics,step, shape, spinning, pilates, zenpilates,nova,yoga, wateraerobics, pre an postnatalfitness, katabox, Zumba, African dance, Vdance, retro dance, cross fit ens het ek my musiekloopbaan probeer uitleef deur aan Supersterre se heel eerste reeks deel te neem.  Ek en my man het ook saam aan die singkompetiesie “Zing” van kyknet deelgeneem en ek het selfs aan Idols deelgeneem. Ek het ook aanhou sing by troues van geliefdes en funksies.

In 2014 het ek baie betrokke geraak by ‘n welwillendheidsorganisasie wat na weeskinders en minderbevoorregte kinders omsien in 7 gemeenskappe buite ventersdorp. Ek was weekliks betrokke by talle projekte en is aangewys as ondervoorsitter van die organisasie.  Ek het deelgeneem aan die Mev United Nations Suid Afrika om ‘n beter blootstelling vir die organisasie te kry. Ek is aangewys as die eerste prinses van mev United Nations en het in daardie tyd my eerste enkelsnit ” love can build a bridge” opgeneem. As eerste prinses van Mev United Nations was ek baie bevoorreg om in Jacksonville, Florida VSA deel te neem as Mev International Suid Afrika 2015. Met die terugkeer van hierdie uitstekende geleentheid het ek my sangloopbaan aangegryp en my volle album “kyk waar is ons nou” opgeneem.

‘Kyk waar is ons nou ‘ die titelsnit van die album het sommer vinning die leertjie by internet radiostasies se weeklikse top20’s geklim. Die musiekvideo van “Kyk waar is ek nou” speel op gereelde basis op kyknet se kanaal 146 en ek het ook ‘n nuwelingonderhoudop die program kyknet JAM  gehad. My nuutste musiekvideo “sprokie” is baie na aan my hart aangesien my man Johan Liebenberg die lied geskryf het. Karin Ferreira en Hashan is 2 kunstenaars wat die lied ook opgeneem het. Ek is ook baie opgewonde dat RSG en ander radiostasies my album goedgekeur het en van my musiek op gereelde basis speel.

April 2016 is ek genader deur die Mev Universal Pageants om vir hul op te tree in Reno, Nevada, VSA. Ek was so geeerd om 28Julie op die gala aand 2 van my afrikaanse eie liedjies-kyk waar is ons nou en vasgevang indie oggend son-te sing en die internasionale deelnemers op die verhoog te begelei in hul aanddrag.

Deesdae leef ek my fiksheidpassie uit as personal trainer het ek ook ‘n spinningstudio en neem ek gereeld deel aan talle wedrenne.